

​
Vaardigheid
​
Daar word van 'n lid vereis om die nodige tegniese kwalifikasies, kennis en praktiese ervaring te besit - of om, in 'n verantwoordelike posisie, 'n persoon of persone daarmee in diens te neem - om te verseker dat alle bouprojekte op 'n vakmanlike en ekonomiese wyse uitgevoer word.
​
Integriteit
Daar word van 'n lid verwag om aan die bouvereistes van sy kliënt en/of mede-lede te voldoen deur die gees sowel as die letter van sy kontraktuele verpligtinge na te kom en om alle besigheidstransaksies met billikheid en eer te hanteer.
Verantwoordelikheid
Daar word van 'n lid verwag om sy besigheidsadministrasie doeltreffend te organiseer, om voldoende finansiële hulpbronne te handhaaf vir die behoorlike nakoming van alle kontraktuele verpligtinge, om waar moontlik by te staan met die opleiding van die toekomstige geskoolde mannekragbehoeftes van die Boubedryf en, waar van toepassing, om te voldoen aan alle loonregulerende maatreëls vir die Boubedryf.
Ons onderneem om in belang van die bedryf en ons kliënte by die Gedragskode te hou.
Meesterbouersvereniging / Meesterbouers Assosiasie
​
Bou met die beste...
Gedragskode
