- Home
- Wie is ons?
Ons wagwoord is eerlikheid, goeie diens, goeie administrasie en die belangrikste van alles, tevrede kliente.
Wie is ons?
Die J M Badenhorst ondernemings het in 1972 tot stand gekom. Die fokus
van die onderneming was hoofsaaklik gerig op elektriese retikulasie
asook die bedrading van groot geboue en fabrieke. Daar het die eienaar,
James Badenhorst se belangstelling reeds in geboue en geboukonstruksie
begin.
Een van die hoogtepunte in die onderneming se bedrywighede was sy betrokkenheid
by die ontwikkeling van die Overberg Toetsterrein, waar ons betrokke
was by die elektriese netwerke asook die bedrading van die geboue en
werkswinkels.
Gedurende 1993 het hulle hul begin toespits op bouwerke wat dan ook
parallel met die elektriese bedryf was. Omdat ons groot kontrakte bestuur
het, veral in die elektriese afdeling, het hierdie kundigheid goed te
pas gekom by die bouafdeling. Ons was hoog aangeskrewe by raadgewers,
ontwikkelaars, asook plaaslike owerhede. Die besigheid is dan ook opgebou
tot een van die grootste van 3 ondernemings van sy soort in die Wes en Suidkaap.
Hierdie onderneming het ook in 2004 die E.S.l. toekenning gekry vir
die beste elektriese maatskappy in Suidelike Afrika. By die verkoop
van die besigheid het ons 'n omset van R80 miljoen per jaar gehandhaaf.
Die besigheid is aan Racec Electrification verkoop gedurende 2007, maar
die bouafdeling is uitgehou en word tans deur James Jnr bestuur. Daarna
het ons ernstig op die bou gedeelte begin toespits, wat reeds besig
is om in 'n suksesverhaal te ontvou.
Ons is tans besig om te onderhandel met 2 groot Spar winkelkomplekse
en verskeie multimiljoen rand behuisingsprojekte. Die onderneming beskik
ook oor groot kapitale bates, asook 'n goeie kontantvloei.
Ons is ook 'n geakrediteerde lid van Meesters
Bouers Assosiassie Boland en die NHBRC.
Ons wagwoord is eerlikheid, goeie diens, goeie administrasie en die
belangrikste van alles, tevrede kliente.
